
Cybil Ferreira, a young teacher from Oudtshoorn, will do anything in her power to ensure the success of her project at the small farm school Kalfieskraal: she dreams of establishing a center there that will provide a safe haven for local children who struggle under the influence of alcoholism in the Swartberg Valley, especially over weekends. But her dream is in danger of collapsing before it even gets off the ground: the land the school is situated on is for sale and none of... (Full plot summary below)
Enjoy FREE movies and series with your Prime (USA) subscription or when you start a 30-day free trial!
Links compiled using automated software. Availability of offers subject to change / might be region specific / out of date.
Sorry, we can't find any suggestions at the moment.
Cybil Ferreira, a young teacher from Oudtshoorn, will do anything in her power to ensure the success of her project at the small farm school Kalfieskraal: she dreams of establishing a center there that will provide a safe haven for local children who struggle under the influence of alcoholism in the Swartberg Valley, especially over weekends. But her dream is in danger of collapsing before it even gets off the ground: the land the school is situated on is for sale and none of the possible buyers are interested in her project. Not even her wealthy fiancé, ostrich farmer Meyer Labuschagne, is concerned about her project or the children's fate. Her last chance is to convince the director of the Global Upliftment Fund, currently visiting the Klein Karoo to look for projects to support, to fund her project. Then Frans Coetzee, a filmmaker with a broken heart, comes to the Klein Karoo with his team to make a documentary about social-uplift work in the area--and hopefully forget about women, love, and all the involved baggage. Then Cybil and Frans meet, and their worlds are completely upended. If Cybil decides to follow her heart, does she need to give up her dreams, or is it true love that will make them come true? And is Frans willing to take another chance on love?
Leave your thoughts about Klein Karoo.
| User ReviewReney WWanneer ek 'n Afrikaanse film gaan kyk, veral 'n rom-kom, hou ek altyd duim vas dat dit my rok gaan opblaas. Semi-Soet (hoofsaaklik te danke aan Nico Panagio) het dit reggekry, Klein Karoo in 'n mindere mate. DIE GOEIE Toneelspel Dankie tog! Almal in hierdie film kan toneelspeel! Behalwe vir Anel Alexander en Bouwer Bosch wat so twee grade over the top was, was almal geloofwaardig en gemaklik in hulle rolle. Die grootste verrassing was Hykie Berg as die skatryk volstruisboer Meyer Labuschagne. Hy het die boelie, Meyer, se arrogansie, selfsug en weerloosheid met oortuiging uitgebeeld. Karakterdiepte Van die standaard rom-kom verwag 'n mens nie dramatiese karakterverdieping of rewolusionêre filosofieë nie. (Ja, daar is uitsonderings soos Bridesmaids, Ghost Town en selfs Silver Linings Playbook. Ons geniet elke oomblik van hierdie films want ons weet hulle is few and far between.) Klein Karoo hou op die oog af by die resep. Ja, Cybil groei 'n ruggraat, Frans leer weer vertrou, Karel vry vir Sophi dat sy sterre sien ens, ens. Die enigste karakter wat ongelooflike diepte en groei wys is Hykie se Meyer. Sy geaardheid word verduidelik, hy het 'n interessante back story en sy ommeswaai is onverwags, maar tog geloofwaardig. Boodskap Dankie tog! Klein Karoo breek weg van die standaard rom-kom se boodskap dat jy alles moet prysgee vir liefde. (Ek dink nou spesifiek aan Liefling.) Klein Karoo preek die teenoorgestelde. Moenie jou drome prysgee vir 'n verhouding nie. Soek iemand wat saam met jou kan droom. Wat 'n aangename verrassing. Klassieke one-liners te min Die draaiboek het vlymskerp one-liners. Maar ongelukkig net te min. Die toneel waar Bongi vir die eerste keer by die landgoed aankom en die kiem-bedonderde Kareltjie eers Bongi se hand skoon spuit voor hy dit skud was skreeusnaaks. Hermientjie verduidelik vinnig: "Dit is nie oor jy swart is nie, maar oor jy vuil is." Skryf asseblief nog sulke one-liners. DIE SLEGTE Storielyn Die storielyn maak te veel draaie. Daar is te veel oortollige tonele en hulle volg boonop vinnig opmekaar. Frans doen jare se moeite om 'n aandete met tafels, kerse en kelners in 'n grot te reël. Hulle het skaars aangesit, toe moet Cybil hom iets gaan wys. En daar vlieg hulle op en los alles net so? Video Die video wat Frans en Bongi oor die skooltjie gemaak het is 'n hoogtepunt waarna mens uitsien. (A) Frans en Bongi het hard daaraan gewerk. (B) Dit gaan Cybil se befondsing maak of breek. En toe is die video uiters swak en soetsappig. Dit is nie geloofwaardig dat die CEO dit sal sien en omdraai en sy beursie oopmaak nie. Stilering Wragtig, moet ons films ook soos 7de Laan lyk? Cybil dra die fraaiste somer blomrokkies. Arme Tim moes warm gekry het in Frans se wardrobe - T-hemde met langmouhemde bo-oor, langbroeke en stewels! In 'n Karoo somer? OPSOMMEND Ek het Klein Karoo geniet. Die akteurs is gekies vir hul talent, die karakters is volrond en die boodskap is vars. Doen so voort. |